Noordkaap Bulletin

Noord-Kaap se eerste volwaardige vrouerugbyklubs speel ‘harde rugby’


Geskiedenis is in die Noord-Kaap gemaak met die eerste vier volwaardige vrouerugbyklubs wat tot stand gekom het.

Ná goedkeuring en inspeksie van die klubs het Griekwaland Wes-Rugbyunie (GWRU) bepaal dat die vrouerugbyspan van die Sol Plaatje-universiteit (SPU), Colesberg Queens, Kenhardt Undisputed Divas en Sishen-rugbyklub as volwaardige, funksionerende vroueklubs ondersteuning van die unie sal ontvang.

Die intreewedstryde van die Avbob Vrouerugby Superliga het amptelik op 11 April begin.

Kenhardt Undisputed Divas (in swart en pers) tydens die kragmeting teen Sishen-rugbyklub se vrouespan op 18 April. FOTO: Facebook

Kat Swanepoel, bestuurder van amateurrugby by GWRU, sê harde rugby word tydens dié wedstryde van 40 minute aan ‘n kant gespeel.

In die onlangse wedstryde het SPU vir Colesberg Queens met 50-5 geklop, terwyl Sishen en Kenhardt Undisputed Divas gelykop met 10-10 gespeel het.

Die vrouerugbyspanne van Colesberg Queens (links) en Sol Plaatje-universiteit. FOTO: Facebook

Volgende op die wedstrydlys, op 9 Mei, kom Colesberg Queens teen Kenhardt Undisputed Divas in Colesberg te staan, terwyl Sishen en SPU mekaar op die veld in Sishen gaan ontmoet.

Hierna is ‘n volgende kragmeting op 16 Mei, met SPU en Kenhardt wat mekaar in Kimberley ontmoet, en Sishen en Colesberg wie mekaar in Sishen gaan takel.

Die vrouerugbyspan, Kenhardt Undisputed Divas. FOTO: Facebook
Die vrouerugbyspan van Sishen-rugbyklub. FOTO: Facebook

LEES OOK: Nuwe elite-kompetisie in GWRU bied vrouerugbyklubs blootstelling

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article