Ná ‘n paar maande se afwesigheid keer Nataniël vandeesmaand terug na die Kaap met drie konserte vir die laatwinter — hierdie keer in Welgemoed, Yzerfontein en Kaapstad.
Nataniël bring sy unieke stories in Afrikaans, asook musiek, oud en nuut, bekend, immergroen en oorspronklik. Fantasie, humor, waarhede en wyshede, kwessies en kwellinge, vrae en antwoorde — al die elemente uit die Nataniël-skatkis word saamgebring.
Charl du Plessis, ‘n Steinway-pianis, is saam met Nataniël op die verhoog. Floris Louw is verantwoordelik vir die spoggerige kostuums.

By elke vertoning is ‘n “Kaalkopwinkel” waar Nataniël se nuutste boek, Sweetie, asook sy ander onlangse boeke, keramiekware, kombuis-olies en kerse te koop sal wees. Du Plessis se nuutste album sal ook beskikbaar wees.
Vertonings
Die vertonings vind plaas op:
- Donderdag 20 Augustus om 19:00 by die NG kerk Welgemoed;
- Vrydag 21 Augustus om 19:00 by die NG kerk Yzerfontein; en
- Saterdag 22 Augustus om 11:00 by die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.
Bespreek by seatme: Welgemoed , Yzerfontein en HS Jan van Riebeeck (geen kinders o.14).
LEES OOK: Stadskoor Tygerberg tree op by Kunstekaap en kerke




You must be logged in to post a comment.