Die Stadskoor Tygerberg, onder die bekwame leiding van Peter Roux, sien uit na ‘n paar optredes in die tweede helfte van die jaar.
Die koor het reeds vanjaar verhoë met verskeie ander kore gedeel. Binnekort maak hulle weer so en die publiek word genooi om te kom luister.
Viering van koormusiek
Op Saterdag 8 Augustus om 16:00 is die Stadskoor Tygerberg een van agt kore wat aan Voices in Unison, ‘n produksie van die Kunstekaap-teater, gaan deelneem.
Die tema van die geleentheid wat in die Kunstekaap-operahuis gehou word, is “A celebration of Choral Music in Cape Town”. Kaartjies kos R80 en is beskikbaar by Webtickets.

Samewerking
In September volg konserte in samewerking met die Canticum Novum-koor van Somerset-Wes onder leiding van dr. Yolanda Botha.
Die kore gaan elk eers afsonderlik ‘n aantal liedere sing, waarna hulle kragte saamsnoer vir William Lloyd Webber se “Missa Princeps Pacis”.
Die eerste konsert vind op Sondag 6 September om 15:00 in die NG kerk De Tyger in Hannes Louwstraat, Parow-Noord, plaas, waarna nog ‘n optrede in Somerset-Wes volg. Kaartjies kos R100.
Op Saterdag 12 September om 16:00 bied die Stadskoor Tygerberg ‘n high tea by die NG kerk Stellenberg aan. Dit beloof om ‘n aangename middag te wees met ‘n wye verskeidenheid ligte musiek en heerlike verversings. Kaartjies kos R250.
Kaartjies
Kaartjies vir die De Tyger-konsert, sowel as die high tea, kan by Suzette van Wyk by 083 263 9335 bespreek word.
Kontak Roux by 083 535 7307 as jy belangstel om by die koor aan te sluit. Die koor het veral ‘n behoefte aan basstemme en tenore.
LEES OOK: Endler-konsertreeks se tweede seisoen bied musikale verskeidenheid





You must be logged in to post a comment.