Munisipale bestuurder moet onmiddelik terugkeer na pos te midde van appèlstryd

Die hooggeregshof in Kimberley het Vrydag beslis dat Thapelo Matlala, die munisipale bestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit onmiddellik sy pligte moet hervat. Intussen is Martha Bartlett, burgemeester en Dipuo Peters weer eens in ‘n bestraffende bevel beveel om die regskoste in  persoon te betaal.
Thapelo Matlala, munisipale bestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, moet onmiddellik sy pligte hervat. PHOTO: Helena Barnard

KIMBERLEY – Die Hooggeregshof in Kimberley het Vrydag beslis dat Thapelo Matlala, die munisipale bestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit onmiddellik sy pligte moet hervat.

Intussen is Martha Bartlett, burgemeester en Dipuo Peters weer eens in ‘n bestraffende bevel beveel om die regskoste in persoon te betaal.

Dié bevel kom nadat die hof bevind het sy skorsing vroeër vanjaar onregmatig was. Die munisipaliteit het reeds in die hof toegegee dat die regulasies nie nagekom is toe hy geskors is nie.

Nadat die munisipaliteit, sy speaker en burgemeester ‘n aansoek om appèl ingedien het, het Matlala ‘n afsonderlike aansoek gebring vir ‘n verklarende bevel dat hy mag terugkeer hangende die aansoek om verlof tot appèl.

Die uitspraak is op 6 Februarie 2026 deur waarnemende Regter T. Tyuthuza gelewer.

Matlala is op 8 Januarie 2026 deur die munisipaliteit geskors. Die hof het egter op 16 Januarie bevind dat die skorsing “onregmatig, kragteloos en nietig” was en dit tersyde gestel. Die munisipaliteit het die volgende dag ‘n aansoek om verlof om te appelleer ingedien, wat Matlala effektief verhoed het om sy werk te hervat.

In die jongste uitspraak het die hof Matlala gelyk gegee dat die saak dringend is. Die hof het bevind dat die munisipaliteit erken het dat hulle nie aan regulasie 6(2) van die dissiplinêre regulasies voldoen het nie. Regter Tyuthuza het beklemtoon dat skorsing ‘n maatreël is met ernstige gevolge en nie ligtelik opgeneem moet word nie.

Die hof het beveel dat:

 * Die bevel van 16 Januarie 2026, wat Matlala in sy pos herstel, nie opgeskort word hangende enige appèlproses nie.

 * Matlala sy pligte as munisipale bestuurder met onmiddellike effek moet hervat.

LEES OOK: Matlala returns to Sol Plaatje Municipality, dismisses corruption charges as ‘trumped up’

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article