Man verloor hofstryd om hond terug te kry ná ‘vrywillige’ oorgawe aan DBV

Court image
The apex court found that while the NPA may prepare and draft extradition documents, the formal request must be authorised by the National Executive.

JOHANNESBURG – Die Hooggeregshof in Johannesburg het ’n dringende aansoek van ’n honde-eienaar van die hand gewys wat probeer het om sy hond, Bitsy, van die Diebeskermingsvereniging (DBV) terug te eis. Die saak spruit uit ’n voorval vroeër vandeesmaand, toe die hond in ’n uiters verwaarloosde toestand gevind is.

Op 2 Januarie het Eugene Haricharan, ’n kadet-inspekteur van die Roodepoort-DBV, die hond onder in ’n drein op ’n eiendom in Roodepoort gevind. Die eienaar, John Michael Letang, was in daardie stadium met vakansie in Durban en het die hond met ’n groot hoeveelheid kos agtergelaat.

Luidens hofstukke was Bitsy, wat weens ouderdom en artritis nie self uit die drein kon spring nie, in ’n “vreeslike toestand”. Hy was honger en gedehidreer; besmet met bosluise en vlooie. Hy het ook gely  weens maaiers  in sy ore, ’n pynlike toestand waar larwes onder die vel broei. Dit het dringende mediese sorg vereis.

Haricharan het die eienaar oor die hond se toestand gebel. Letang het erken dat hy nie kon betaal  vir die veearts nie en het ingestem om Bitsy aan die DBV oor te gee.

Hy het selfs ’n WhatsApp-boodskap gestuur waarin hy formeel verklaar het dat hy die hond oorgee. Letang se dogter het ook ’n vorm geteken om alle eienaarskapsregte op te sê. Minder as ’n uur later het Letang egter weer laat weet dat die hond slegs vir “behandeling” oorgegee is en gevra wanneer hulle hom kon kom haal.

LEES OOK: Varkboer na beslaglegging: ‘Ek sal veg vir my varke,’ sê ouma

Regter S. Wilson het die aansoek om “spoliasie” (onwettige ontneming van besit) verwerp. Die regter het bevind daar is geen sprake van onwettige optrede deur die DBV nie, want Letang het vrywillig toestemming gegee het dat die inspekteur die hond neem.

Die regter was ook skerp oor Letang se regspan. Hy het bevind die aansoek is gegrond op ’n “elementêre wanopvatting van die reg” en dat die regsverteenwoordiging nie voldoen het aan die verwagte standaard van die hof nie.

Die aansoek is met koste afgewys.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article