Police are looking for murderers of skarrelaar.
Police are looking for murderers of skarrelaar.

BONTEHEUWEL– Die polisie ondersoek die moord vroeër vandeesweek op ‘n “skarrelaar” nadat hy naby die Bonteheuwel-stasie doodgeskiet is.

In die volksmond is ‘n “skarrelaar” iemand wat skrootmetaal en ander herwinbare goed optel om te verkoop.

Volgens sers. Samantha Adonis, polisiewoordvoerder, is die polisie Maandag (24 November) omstreeks 15:15 na ‘n moordtoneel in Bracken-street geroep.

“Toe die polisie op die toneel aankom het hulle ‘n 41-jarige man met skietwonde aan sy rug gevind. Hy is op die toneel dood verklaar. Volgens ooggetuies het twee mans op die oorledene afgestap en hom trompop geskiet,” sê Adonis.

Volgens haar is daar geen duidelike bendeverwantskap met die oorledene nie.

Plaaslike raadslid, Angus McKensie het ook sy misnoeë met die moord uitgespreek en ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om met inligting oor die moord vorendag te kom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article