Die Land Cruiser-fees vind binnekort weer by Bela-Bela plaas.
Die Land Cruiser-fees vind binnekort weer by Bela-Bela plaas.

Land Cruiser-fees keer met nuwe hoofborge na Bela-Bela terug


Die Land Cruise-fees en en poging om die Afrika-rekord vir die meeste Land Cruisers op een plek byeen te bring, word van Vrydag 5 tot Sondag 7 Junie by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela-Bela aangebied.

Maxxis Tyres en Arwald Extreme is die nuwe hoofborge vir die pret-naweek.

Die geleentheid het in 2013 vir die eerste keer plaasgevind. Die doel is om ‘n fees vir Land Cruiser-eienaars aan te bied en die Afrika-rekord te verbeter.

Die doel van die saamtrek is pret, en ook om te probeer om die Afrika-rekord te verbeter.
Die doel van die saamtrek is pret, en ook om te probeer om die Afrika-rekord te verbeter vir die meeste Land Cruisers op een terrein. Foto: Verskaf

Verlede jaar het 563 Land Cruisers op een dag op een terrein saamgetrek.

Die fees sluit produk-uitstallers, ‘n kunsmark, kindervermaak, kroeggeriewe, wildritte, swembaddens en spa-geriewe in. By die Cruiser Action Arena sal gravel drag racing, moddergate en hill climbing plaasvind.

Akkommodasie by Sondela Oord en boskampering is beskikbaar. Land Cruiser-eienaars kan by www.ekspo.co.za vir die geleentheid registreer.

Bestuurders sal kan deelneem aan prettige aktiwiteite
Bestuurders sal kan deelneem aan prettige aktiwiteite. Foto: Verskaf

Uitstaller- en vendornavrae kan aan Tersia by accounts@ekspo.co.za of 072 487 0000 gerig word. Borgnavrae kan aan Marius by marius@ekspo.co.za gerig word.

Ander borge sluit Sondela Nature Reserve & Spa, Belanet, Pretoria FM, Nuusweek, Camp & Live, Die Papier, Die Pos, Jimmy’s Sauces, Waterberg Toyota, Kamp-Mal, Lekker Kampplekke, Quickshade, Lift Airlines en M4 Events in.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article