BLOEMFONTEIN – Cobus Wilken van die Hoërskool Jim Fouché het homself in die rekordboeke ingekolf met ‘n beurt van 192 lopies – die hoogste telling nóg deur ‘n kolwer van JF in dié skool se krieketgeskiedenis.
Dié fantastiese beurt was toe JF se eerste krieketspan Saterdag 24 Januarie teen Welkom-Gimnasium, kragte gemeet het en die wedstryd oortuigend met 197 lopies gewen het.
Cobus se beurt het bestaan onder meer uit 20 viere en sewe sesse en hy het sy 192 lopies van slegs 128 balle aangeteken.
JF het eerste gekolf en 371/7 in sy 50 beurte aangeteken. Gimnasium is daarna vir 174 lopies uitgeboul.
Die beste kolwers vir die dag was Cobus en sy broer, Niel, met 50.
Die beste boulers was Jean van Schalkwyk 5/44 en Wihan Paulsen 3/27.





