Dirk Cronjé, George van Heerden en Hansie Diedericks. Foto:VERSKAF


GEORGE van Heerden van die plaas Golden Valley in Tarkastad het onlangs ’n welwillendheidsbesoek van Dirk Cronjé, huidige skoolhoof van die Hoërskool Cradock, en krieket-afrigter by dié skool, Hansie Diedericks, ontvang.

Van Heerden het al talle krieketklubs en skole voorsien van Golden Valley se gesogte kleigrond vir nuwe krieketblaaie, asook die onderhoud van bestaande blaaie.

Hy het vanaf 1963 tot 1965 die Grens Nuffieldspan as snelbouler verteenwoordig. Hy was ook saam met sportlegendes H.O. de Villiers (Springbok-heelagter) en Hylton Ackerman (Springbok-krieketspeler) op skool by Dale College. Verder het hy teen spelers soos Tony Greig (kaptein van Engeland se krieketspan en bekende Australiese televisiekommentator) en Ian Greig (provinsiale en graafskapspeler) meegeding. Hy het twee maal teen Australië gespeel en Vrystaat op provinsiale vlak verteenwoordig. Hy het ook vir baie jare die OP- en SA Plattelandspanne verteenwoordig.

Diedericks het ’n oud-skoliere en ondersteunersbaadjie aan Van Heerden oorhandig as ’n blyk van waardering vir die kleigrond wat hy onlangs aan CHS geskenk het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article