Boeta Apollis, Steveno van Rhyn en Kelly Smith
Kelly Smith (regs) hou haar oë toe terwyl die media foto’s neem. Links sit Boeta Appolis en in die middel, Steveno van Rhyn. Foto: Alida Buckle

Lewenslank!

Kelly Smith, Boeta Apollis en Steveno van Rhyn is pas tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir hulle aandeel in die verdwyning van die sesjarige Joshlin Smith in Februarie 2024.

Regter Nathan Erasmus het sy beslissing Donderdagoggend (29 Mei) in die Veeldoelige sentrum in Saldanha gelewer en die driestuks op aanklag van mensehandel tot lewenslange tronkstraf gevonnis en 10 jaar op die aanklag van ontvoering. Hulle name sal ook in die nasionale kinderbeskermingsregister opgeteken word.

Vonnisoplegging het vroeër vanoggend begin in die opspraakwekkende hooggeregshofsaak.

Smith, Apollis en Van Rhyn is vroeër in Mei skuldig bevind aan mensehandel en ontvoering nadat hulle Joshlin vir R20 000 verkoop het.

Erasmus het vanoggend gesê dat die aanklagtes waarop die driestuks skuldig bevind is, ernstig van aard is, dat Smith en Apollis in ‘n ouerverhouding was en vir Joshlin se welstand verantwoordelik was, maar in plaas daarvan om haar te versorg haar eerder as ‘n kommoditeit gebruik het.

Hy het gesê dat hy geen versagtende omstandighede kon vind wat ‘n ligter straf sal regverdig nie, en dat tronkstraf die enigste toepaslike vonnis is.

Die gemeenskap, wat die hofverrigtinge bygewoon het, het die vonnis verwelkom.

Kelly Smith kom Donderdagoggend (29 Mei) kom by die Veeldoelige sentrum in Saldanha op vir vonnisopleggingverrigtinge. Foto: Alida Buckle
Steveno van Rhyn klim uit die polisievangwa. Foto: Alida Buckle

You need to be Logged In to leave a comment.