Munisipale sake
Die aanstelling van Amos Makoae as hoof finansiële beampte van Masilonyana-plaaslike munisipaliteit was onwettig

Hof verklaar munisipale hoof finansiële beampte se aanstelling onwettig

Munisipale sake
Die aanstelling van Amos Makoae as hoof finansiële beampte van Masilonyana-plaaslike munisipaliteit was onwettig

BRANDFORT – Die Vrystaatse hooggeregshof het bevind dat die aanstelling van Amos Makoae as hoof finansiële beampte van Masilonyana-plaaslike munisipaliteit onwettig was.

Makoae is in Oktober 2023 deur die raad aangestel, ondanks dat hy tydens sy onderhoud melding gemaak het van dissiplinêre stappe wat teen hom geneem is by sy vorige pos by Mafube-plaaslike munisipaliteit.

Hierdie inligting en sy dissiplinêre geskiedenis is egter nie aan raadslede bekend gemaak toe sy aanstelling vir goedkeuring voorgelê is nie. Makoae is skuldig bevind aan verskeie gevalle van finansiële wangedrag.

Amos Makoae se aanstelling as hoof finansiële beampte van Masilonyana-plaaslike munisipaliteit is onwettig verklaar.
Amos Makoae se aanstelling as hoof finansiële beampte van Masilonyana-plaaslike munisipaliteit is onwettig verklaar.

Die raad het ook ‘n opdrag van die Vrystaatse MER vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Saki Mokoena, verontagsaam om die aanstelling as nietig te verklaar.

Willem Potgieter, VF Plus-raadslid by Masilonyana-plaaslike munisipaliteit, het gesê hulle het druk geplaas in die raad en provinsiale wetgewer om die aanstelling onwettig te laat verklaar.

“Die gesloer met die hofbevel kon voorkom gewees het indien die raad sy besluit teruggetrek het,” het Potgieter gesê.

Hy het gesê inwoners van die munisipaliteit, wat reeds gebuk gaan onder swak dienslewering, is nou weer die slagoffers van wanbestuur.

Masilonyana-plaaslike munisipaliteit dien Theunissen, Brandfort, Winburg en Verkeerdevlei.

LEES OOK: LUR kry bloedneus met appèlaansoek teen Nama Khoi-munisipaliteit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article