Die Caledon-biblioteek het Wêrelddigtersdag op 21 Augustus gevier deur lede van die Oase-dienssentrum in Caledon en die Disaklub van Myddleton na die biblioteek te nooi vir voorlesings van gedigte. Marlon Sauls van die Caledon-museum en Marianna Denbury het van hul gedigte voorgelees. Leerders van Swartberg Primêr en Swartberg Sekondêr het ook verskeie gedigte voorgelees. Nicy Fouldien, bekende digter en skrywer van Caledon, kon nie die geleentheid bywoon nie, maar Gerhard van Wyk van die Caledon-biblioteek, het twee van haar treffende gedigte voorgelees. Ná die verrigtinge is heerlike versnaperinge aan die gaste voorgesit. Hier is Marlon Sauls, Marianna Denbury en Gerhard van Wyk.Foto: Mitzi Buys


Digters by biblioteek vereer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article