Helpmekaar Kollege eerste span het geskiedenis gemaak. Die span is amptelik gekroon as die Gauteng Netbalkampioene en is dus die nommer 1 netbalspan in Gauteng!
Met vasberadenheid en ’n ware Helpie-gees het die span eers in die semi-finaal vir Affies geklop, en daarna in die groot eindstryd met karakter en fokus teen Monnas se sterk span geseëvier.
Dit is ’n ongelooflike prestasie wat die talent, harde werk en samehorigheid van elke speler, afrigter en ondersteuner weerspieël. Julle het nie net vir Helpmekaar gespeel nie — julle het vir trots, vir tradisie en vir die Helpie-hart gespeel.
Baie geluk aan Helpies se netbalkampioene. Julle maak Helpmekaar Kollege se naam helder skyn in Gauteng!
KOMAAN, HELPIES!






