O.18 Internasionale reeks vind vanaf 8 Augustus in die Paarl plas.
Van die beste internasionale o.18 rugbytalent kan vanaf Vrydag 8 Augustus in aksie gesien word in die Paarl, wanneer die o.18 Internasionale Reeks hiér plaasvind. FOTO: SA Rugby

Junior Springbok-hoofafrigter Kevin Foote sal ‘n kykie kry van wat die toekoms inhou wanneer hy en sy afrigtingspan saam met die twee SA o.18-spanne werk vir komende naweek se o.18 Internasionale Reeks in en rondom die Paarl.

Die jaarlikse reeks – wat o.18-spanne van Engeland, Frankryk, Georgië en Ierland insluit – sal oor drie wedstryd dae plaasvind by Boland Landbou, Paarl Gimnasium en Hoërskool Durbanville op 8, 12 en 16 Augustus.

Die twee spanne bestaan uit 52 spelers, waarvan die meeste onlangs in die SA Skole-wedstryd in Middelburg gespeel het. Lwazi Zangqa (SA o.18) en Flash Malinga (SA o.18-A) sal weer as hoofafrigters dien, onder die leiding van Foote.

Die SA o.18-span sal teen Frankryk, Ierland en Engeland in hul drie wedstryde speel, terwyl die o.18-A-span teen Ierland, Georgië en Engeland sal speel.

Dave Wessels, SA Rugby se algemene bestuurder van hoë prestasie, het kommentaar gelewer oor die keuring van die spanne en gesê dit is noodsaaklik vir die beheerliggaam om ‘n gesonde ekosisteem binne die junior strukture te skep om die senior range te voed.

“Ons Elite Speler Ontwikkeling-program loop al meer as ‘n dekade, en om die Junior Springbokke die wêreldtitel sien wen – tesame met die gehalte rugby by die SA Skole-wedstryd – is die beloning vir die harde werk wat deur almal betrokke ingesit is,” het Wessels gesê.

“Sewe spelers in die 2025 Junior Bok-span – Cheswill Jooste, Vusi Moyo, Riley Norton, Siphosethu Mnebelele, Phiwayinkosi Kubheka, Oliver Reid en Alzeadon Felix – het verlede jaar in die O18 Internasionale Reeks gespeel.

“Verder is spelers soos Ethan Adams, Markus Muller, Zekhethelo Siyaya, Josh Neill, Junaide Stuart, Briint Davids, Jordan Jooste en AJ Meyer terug vir hul tweede jaar in die o.18 strukture, wat toon dat die pyplyn werk.

“Kontinuïteit onder die junior range is van kardinale belang, aangesien daar elke jaar talle nuwe spelers is. Deur Kevin en sy mede-SA o.20-afrigters te betrek, hoop ons om dit selfs verder te versterk.

“Die seuns sal behoorlik getoets word in hul drie wedstryde, aangesien die besoekende Europese spanne altyd sterk is. Hierdie geleenthede is baie voordelig vir ons spelers. Ons is opgewonde om te sien wat hulle kan doen en sien uit na nog ‘n uitstaande o.18 Internasionale Reeks.”

SA o.18-span:

Stutte: JG Badenhorst (Cheetahs), Jordan Jooste (WP), Kai Pratt (SWD), Luan van der Berg (Bulls).

Hakers: Clinton Agu (Lions), Altus Rabie (WP).

Slotte: AJ Meyer (Cheetahs), Lwandile Mlaba (Sharks), Jayden Joubert (WP).

Losvoorspelers: Chinedu Amadi (Lions), Jacobus de Villiers (SWD), Gert Kemp (WP), Josh Neill (WP), Wasi Vyambwera (Sharks).

Skrumskakels: Jayden Brits (WP), Ruben Groenewald (Bulls), Liyema Nela (Sharks), Morne Noble (WP).

Senters: Ethan Adams (Cheetahs), Markus Muller (WP), Christian Vorster (SWD).

Buiteagterspelers: Jadriaan Afrikaner (Sharks), Lamla Mgedezi (Cheetahs), Thabiso Simelane (Bulls), Zekhethelo Siyaya (Sharks), Junaide Stuart (Bulls).

SA o.18-A-span:

Stutte: Bernhard du Toit (WP), Pieta Cilliers (WP), Jeffrey Singo (Bulls), Matthew van der Merwe (WP).

Hakers: Thomas Muller (WP), Keenan Myners (SWD).

Slotte: Diaan Augustyn (SWD), Juvan Burden (WP), Lian Terblanche (Sharks), Migael Turner (WP).

Losvoorspelers: Briint Davids (WP), Andile Ndlovu (Sharks), Quintin Potgieter (WP), Liam Lightly (SWD).

Skumskakels: Mickyle Booise (WP), Zirk Meyer (Bulls), Jeandre Uithaler (Lions), Ethan van Biljon (WP).

Senters: Nathan Aneke (Sharks), Randall-John Davids (WP), Lizwe Mthethwa (Sharks), Erin Nelson (EP).

Buiteagterspelers: Jeneall Davids (WP), Ncuthu Kepe (Border), Junade Pasensie (Bulls), Reinhart Viljoen (SWD).

O.18 Internasionale Reeks:

Alle wedstryde sal regstreeks deur SuperSport Schools uitgesaai word:

Vrydag 8 Augustus by Hoërskool Durbanville:

  • 11:30: SA o.18-A t. Ierland
  • 13:30: Georgië t. Engeland
  • 15:30: SA o.18 t. Frankryk

Dinsdag 12 Augustus – Boland Landbou:

  • 11:30: SA o.18-A t. Georgië
  • 13:30: SA o.18 t. Ierland
  • 15:30: Engeland t. Frankryk

Saterdag 16 Augustus – Paarl Gimnasium:

  • 11:30: Frankryk t. SA o.18-A
  • 13:30: Ierland t. Georgië
  • 15:30: SA O18 t. Engeland

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article