Juffrou Rushda Biscombe met haar nuwe graad 1-leerders in die klaskamer by Danie Ackermann Primêre Skool
Juffrou Rushda Biscombe met haar nuwe graad 1-leerders in die klaskamer by Danie Ackermann Primêre Skool.

Juffrou Rushda Biscombe met haar nuwe graad 1-leerders in die klaskamer by Danie Ackermann Primêre Skool
‘n Atmosfeer van opgewondenheid heers in die grondslagfase van Danie Ackermann Primêre Skool, waar onderwysers die ywerige klein leerders met moederlike warmte met die aanbreek van die nuwe akademiese jaar verwelkom het. Onder die toegewyde opvoeders is die skool se geliefde juffrou Rushda Biscombe, wat saam met haar entoesiastiese leerders – Alikho Ndzobe, Staffany Chingwari, Mia Glover, Jayden Sihwanya en Ovuyo Jijana – uitsien na ‘n jaar vol leer, speel en belangrike mylpale. Foto: Jamey Gordon
Klein Tafadzwa George huil in die klaskamer terwyl juffrou Rushda Biscombe hom probeer troos
Alhoewel die meeste van die nuwe leerders Dinsdag (13 Januarie) se eerste ontmoeting met hul onderwysers met breë glimlagte en sukses hanteer het, was die oorgang heeltemal te veel vir klein Tafadzwa George om te hanteer. Die nuwe graadeentjie was op daardie oomblik ontroosbaar en het, ten spyte van liefdevolle sorg en aanmoediging deur juffrou Rushda Biscombe, in trane uitgebars toe sy “Mamma” die klaskamer moet verlaat. Foto:Jamey Gordon
Juffrou Jearl Snyders met graad 1-leerders Hidalgo, Laiqh en Chelsea by Danie Ackermann Primêre Skool
Slaggereed vir groot leeravonture! Graad 1-onderwyseres Jearl Snyders saam met leerders Hidalgo Abrahams, Laiqh Daniels en Chelsea Abrahams, wat met entoesiasme uitsien na hul opwindende leerreis by Danie Ackermann Primêre Skool. Foto: Jamey Gordon
Tweeling Shernica en Shane September op hul eerste dag graad 1 by Dr. G.J. Joubert Primêre Skool
Dit is ‘n groot dag vandag (Woensdag 14 Januarie) vir alle nuwe graad 1-leerders by Dr. G.J. Joubert Primêre Skool, maar die tweeling Shernica en Shane September maak dit dubbel spesiaal. Die onderwysers sal dalk nie dubbel sien nie, maar dié boetie en sussie se band word nie so maklik geskei nie, al is hulle in verskillende graad 1-klasse. Of dit nou tweelingtelepatie is of iets anders – die ‘Joubie’-sibbe is daar vir mekaar met ‘n bietjie sibbe-wedywering. Foto: Barend Williams
Tweeling Faith en Hope de Wee op hul eerste dag by Dr. G.J. Joubert Primêre Skool
Faith en Hope de Wee is ‘n tweede tweeling wat vandag by ‘Joubies’ begin en gereed is om saam met Shernica en Shane September te leer. Foto: Barend Williams

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article