Nêrens, Noord-Kaap het vanjaar weereens met ‘n klompie toekennings weggestap by die Silwerskermfees:
Nêrens, Noord-Kaap het vanjaar weereens met ‘n klompie toekennings weggestap by die Silwerskermfees.

Terwyl rugbykoors Saterdag die DHL-stadion in Kaapstad beetgepak het, het die kollig by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) helder op die Suid-Afrikaanse televisie- en filmbedryf geskyn.

By die glansryke kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV is die gesogte Silwerskermbeeldjies uitgedeel aan akteurs, TV-aanbieders en filmmakers.

Daar is ook erkenning gegee aan legendes in die vermaaklikheidswêreld. Vroeër die dag by The Bay-hotel, die tuiste van die Silwerskermfees, het verskeie toekennings die fokus op vanjaar se feesfilms laat val.

Leon Schuster, wat al vir vier dekades diep spore in die filmbedryf getrap het, en die veelsydige Vinette Ebrahim, wat veral as sepie-aktrise volksbesit geword het, is vir hul lewensbydraes deur kykNET vereer. Marida Swanepoel, onder ander ’n stigterslid van kykNET, is ook gehuldig.

“Die erkenning aan besonderse werk tydens die toekennings, is nooit die rede waarom hierdie inhoud in die eerste plek gemaak is nie – dit is gemaak om gehore mee te voer,” sê Waldimar Pelser, M-Net-direkteur: Premium-kanale.

“Maar hoe lekker is dit nie om as kanaal dankie te sê – en geluk! – aan almal wat die afgelope jaar iets buitengewoons reggekry het nie.

Waldimar sê dat ’n gesonde kykNET nog vir baie, baie jare stories in Afrikaans sal vertel. “En kykNET kan net gesond wees as vervaardigers ons help vasstel waarna gehore soek, en werk bring waarin kykers hulle sal wil aanhou verdiep.

“Daar is dus ’n blink toekoms vir enigiemand wat as vennote hierdie heerlike raaisel probeer oplos: Wat gaan in die harte en koppe van kykers aan? Wat is dit wat regtig saak maak? Wat sal ons mense laat terugkom vir meer? Ons alleen het nie al die antwoorde nie, en daarom is die vindingrykheid van storievertellers van onskatbare waarde.”

Volgens Waldimar is daar ook talle nuwe tendense wat in vanjaar se films merkbaar was. “Die sielkundige gruwel Hen verskuif grense in tegniek, genre en aanslag – ons kan nie wag om die reaksie van gehore te sien nie,” sê hy.

“Terwyl die vere waai in Hen, waai die klere in Showmax se Khaki Fever. Met Khaki Fever is dit opwindend om te sien hoe stromingsdienste die grense van Afrikaanse vermaak herverbeel.”

Hy sien ook in hierdie titels ’n voortgesette entoesiasme om te eksperimenteer. “Dit is belangrik om risiko-aptyt te behou namate ons almal saam planne maak om gehore na teaters terug te lok. Want die heel grootste sonde wat inhoudmakers kan pleeg, is om hul gehore te verveel.”

Waldimar het ook by die toekennings onthul dat ’n dokumentêre reeks oor Leon Schuster van 1 Oktober af op kykNET gaan uitsaai, terwyl talle van sy films vanaf September op M-Net gaan wys.

Wenners in die TV-katgorieë:

Beste hoofspeler in ’n komedie

Bianca Flanders – Mince jou hare (S1)

Beste byspeler in ’n komedie

Tobie Cronjé – Pronk Primêr (S1)

Beste akteur in ’n drama

Frank Opperman – Nêrens, Noord-Kaap (S2)

Beste aktrise in ’n drama

Ilse Klink – Nêrens, Noord-Kaap (S2)

Beste manlike byspeler in ’n drama

Geon Nel – Nêrens, Noord-Kaap (S2)

Beste vroulike byspeler in ’n drama

Daneel van der Walt – Nêrens, Noord-Kaap (S2)

Beste akteur in ’n telenovela of sepie

Justin Strydom – Diepe waters (S3)

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie

Nadia Valvekens – Diepe waters (S3)

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie

Therese Bam – Wyfie (S2)

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie

Mila de Villiers – Reënboogrant (S1)

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

Emo Adams – Oppi noot

Beste aanbieder van ’n leefstylprogram (gekombineerd met sommige gesels- en joernaalprogramme)

Hannon Bothma – Glam Guru

Beste aanbieder van ’n aktuele- of geselsprogram

Lourensa Eckard – In gesprek (S9)

Beste aanbieder van ’n realiteitsprogram

Bertus Basson & Kobus Botha – Kokkedoor: Vuur & vlam

Beste ensemble-aanbiederspan

Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie) – Toks & tjops

Wenners in die speelfilmkategorieë:

Beste manlike byspeler in ’n speelfilm

Francois Jacobs – Khaki Fever

Beste vroulike byspeler in ’n speelfilm

Zandélle Meyer – My f*k, Marelize!

Beste akteur in ’n speelfilm

Stian Bam – Hen

Beste aktrise in ’n speelfilm

Je-ani Swiegelaar – My f*k, Marelize!

Beste speelfilm

The Heart Is a Muscle

Toeknnings vir lewensbydrae:

  • Leon Schuster, akteur en filmmaker
  • Vinette Ebrahim, aktrise
  • Marida Swanepoel, voormalige kykNET-kanaalhoof, dramaskrywer en vervaardiger

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article