Die 58-jarige Pieter Joubert, wat op die plaas Grootvlei in Devonvallei woon, is laas op Saterdag 11 Julie gesien.
Hy het toe ‘n beige baadjie, grys broek en swart tekkies aangehad.
Enigeen met inligting oor waar Joubert hom mag bevind, word versoek om sers. Charles Farao van die Stellenbosch-polisie by 072 850 8568 of 021 809 5015 te kontak.





