Matie-roeiers kóók op die Berg, wen gesogte Giel van Deventer-trofee

Joshua Glyn-Cuthbert
Die Maties-roeier Joshua Glyn-Cuthbert het die algehele vyfde plek in die Berg behaal.

Matie-roeiers kóók op die Berg, wen gesogte Giel van Deventer-trofee


Die Stellenbosch-kanovaarders het in die 64ste Bergrivier-kanomarathon, wat van Woensdag 15 tot Saterdag 18 Julie beslis is, met uitnemendheid presteer.

Vanjaar het slegs 60 deelnemers die sowat 240 km uitmergelende kanovaart voltooi. Van die 60 kanovaarders wat wel die hele roete afgelê het, was 15 van die Stellenbosch/Maties-kanoklub.

Dié plaaslike roeiers het ook die gesogte Giel van Deventer-trofee verower vir die klub met die meeste roeiers wat die vierdaagse tog voltooi het.

Giel van Deventer is ‘n Berg-legende en was die eerste roeier wat 50 weergawes van dié bekende en gewilde kanomarathon voltooi het. Hy is in Augustus 2022 op 72 oorlede terwyl hy aan ‘n kano-wedvaart op die Breederivier deelgeneem het.

LEES OOK: Maties paddler shows his mettle with tenacious comeback on final stage

Stellenbosch roeiers
Die Stellenbosch-kanovaarders het in vanjaar se 64ste Bergrivier-kanomaraton, wat verlede week van 15 tot 18 Julie oor 240 km plaasgevind het, uitmuntend presteer. Vanjaar kon net 60 deelnemers die uitmergelende kanomarathon voltooi, met 15 van hulle van Stellenbosch/Maties-kanoklublede. Hulle het ook die Giel van Deventer-trofee vir die meeste suksesvolle roeiers van een klub gewen. Foto: Elba van Rooyen

Oud maar nie koud…

Die belowende Universiteit Stellenbosch-student Joshua Glyn-Cuthbert het behoorlik die koppe laat draai toe hy op die eerste twee dae by die veteraan-roeier Hank McGregor kon byhou.

McGregor het uiteindelik weer in Velddrif koning gekraai en sy 15de Berg-titel verower.

‘n Gebreekte spaan tydens die derde skof het Glyn-Cuthbert se strewe vir ‘n podiumplek laat verdrink en die plaaslike roeier laat terugval, maar sy veggees het hom uiteindelik die vyfde plek in die kompetisie en die eerste plek in die o.23-afdeling besorg, wat hom ‘n kanovaarder maak om dop te hou.

Die Maties Daantjie Malan (65-69 jr.), Gerhard Beukes (70-74 jr.) en Johan Serdyn (75-79 jr.) het ook onderskeidelik hul ouderdomsafdelings gewen. Vanjaar was Malan se 15de marathon, Beukes se 43ste en Sedyn se 36ste keer dat hulle die tog aangepak het.

Talle voltooi vaart

Lae water en verskeie versperrings van bome op dag drie het sake bemoeilik asook digte mis dié dag sowel as op dag vier.

Zack Swart het die laaste silwermedalje opgeraap met sy 20ste plek, Derick Vosloo het die hele wedvaart voltooi met tendonitis-ontsteking in sy pols en Johan van Rooyen het op 78 jaar klaargemaak – sy 17de Berg – in 29:09:28 (55ste plek).

Die ander Maties-roeiers was Dawid Malherbe (22ste), wat sy 10de Berg voltooi het; Conrad Kriel (23); Andries Smit (40) en Adie de Kock (41), wat albei nou 28 marathons voltooi het; Francois Loedolff (46) wat sy 39ste voltooi het en Morne Jumeni (53).

Die wedvaartbestuurder Danie Brink is ook ‘n bekende in Stellenbosch as vorige dekaan van die US se Agri-wetenskappe.

LEES OOK: Contenders are underway for 64th Berg River Canoe Marathon

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article