Die Vriende van Papegaaiberg, in samewerking met die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskap (NITheCS), bied gereeld BioBlitz-geleenthede in die Papegaaiberg-natuurreservaat aan.
By hierdie geleenthede verken burger-wetenskaplikes die reservaat met die doel van waarnemings van alle plant- en dierespesies op die iNaturalist-toepassing.
Dis tydens twee van die Saterdag- oggend-sessies dat twee seldsame plante, Black-lug Capeblue (Aristea lugens) en sambreeltjieblom (Monosonia Speciosa), hier waargeneem is. Albei plante is op die Sanbi-rooilys.
Mense wat belangstel om deel van die BioBlitz-geleenthede te word, word genooi om aanlyn by https://forms.gle/xudxLUwdTzpAy2v2A te registeer.
Ná registrasie word lede na die WhatsApp-groep genooi, waar inligting vir die sessies gedeel word.



