Vuurwapen gevind in Klapmuts
In ‘n misdaadbekampingsoperasie verlede Vrydag (20 Februarie) het polisiebeamptes in Klapmuts op ‘n 9mm-pistool beslag gelê. Beamptes was in Fernstraat waar hulle ‘n stop-en-soektog gedoen het nadat die beamptes ‘n groep jong mans genader het wat op die straathoek gestaan het. Met hul aankoms het een van die mans die hasepad gekies. Beamptes het die man agterna gesit. Nadat beamptes hom in die hande gekry en deursoek het, het hulle op die versteekte vuurwapen in sy broek afgekom. Die man, wat vermoedelik bande met bendes het, is vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen in hegtenis geneem. Die verdagte het die afgelope Maandag (23 Februarie) in die Paarl-landdroshof verskyn.

In ‘n misdaadbekampingsoperasie verlede Vrydag (20 Februarie) het polisiebeamptes in Klapmuts op ‘n 9mm-pistool beslag gelê.

Beamptes was in Fernstraat waar hulle ‘n stop-en-soektog gedoen het nadat die beamptes ‘n groep jong mans genader het wat op die straathoek gestaan het. Met hul aankoms het een van die mans die hasepad gekies.

Beamptes het die man agterna gesit. Nadat beamptes hom in die hande gekry en deursoek het, het hulle op die versteekte vuurwapen in sy broek afgekom. Die man, wat vermoedelik bande met bendes het, is vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen in hegtenis geneem.

Die verdagte het die afgelope Maandag (23 Februarie) in die Paarl-landdroshof verskyn.

Vuurwapen gevind in Klapmuts
Die ongelisensieerde vuurwapen wat in die besit van ‘n plaaslike man gevind is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article