Al die pryswenners by die KDP-sporttoekennings vir 2025.

In ‘n gemeenskap waar uitdagings dikwels groter as hulpbronne voel, het Kingdom Development Projects (KDP) verlede maand twee vieringe gehou wat wys dat drome wél kan leef wanneer mense saam opstaan.

Die organisasaie se 70 naskoolleerders het op Vrydag 21 November bymekaargekom. Elke leerder het ‘n Santa Shoebox-geskenk ontvang.

‘n Week later, op Vrydag 29 November, het KDP se 2025 Sportstoekennings iets buitengewoons geword. Meer is net ‘n seremonie, die geleentheid is ‘n viering van groei, vasbyt en geloof in jongmense. Vyf-en-tagtig sokker- en netbalspelers het sertifikate, trofeë en toekennings ontvang. Die trots in ouers se oë, sommige met trane, was die sterkste getuienis dat KDP se werk nie verniet is nie. Vir baie gesinne was dit die eerste keer dat hul kind op ‘n verhoog gestaan het.

Die trofee wenners was Asekho Magxwaslisa (sportvrou van die jaar) en Coltrine Tinago (sportman van die jaar en sportpersoon van die jaar – spesiale toekenning).

Esme Maart, ‘n verteenwoordiger van die Kaapse Wynland-sportraad die spesiale toekenning oorhandig, het verduidelik dat ‘n ware sportpersoon nie net wen nie – hulle inspireer, lei en wys karakter. Dit is presies wat die kinders van KDP doen, met jong ontwikkelingsafrigters wat wys dat leierskap nie ‘n ouderdom het nie en twee jong netbal skeitsregters war wys dat meisies ook sterk, kundig en in beheer kan wees.

Leticia Pietersen, KDP-stigter, het gesê: “Toe ek daardie kinders sien – hul trots, hul waardigheid, hul drome – het die emosie my oorweldig. Dit was ‘n herinnering dat, hoewel 2025 ‘n moeilike jaar was, elke uitdaging die moeite werd was.”

“Geen organisasie kan dit alleen doen nie. Ons was ongelooflik geseënd met vennote wat saam met ons opgehou het waar hoop soms dun was: Matthew, Stellenbosch Landbougenootskap, Kipido Glas, DC Caterers, Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, Stellenbosch-munisipaliteit, 7de Laan, Niel Joubert Wines, Frankys FunkyFotos en Bring Us Together (Ntantiso Transport), wat letterlik en figuurlik ons kinders dra. Hulle het nie net geld of hulp gegee nie – hulle het aan kinders se toekoms geglo.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article