Die Hoërskool Stellenbosch se beste matrikulante van 2025 spog met puik uitslae in die nasionale matriekeksamen.

Die skool se drie topleerders is, van links, Jana Kotzé (tweede plek), Marinus Toerien (eerste) en Kaylee Botha (derde). Marinus, wat ook die skool se Dux-leer- der is, se raad aan vanjaar se matrikulante is: “Benut elke geleentheid en geniet jou laaste skooljaar ten volle. Die tyd vlieg verby, daarom is dit belangrik om jou tyd wys te gebruik. Leef ‘n gebalanseerde lewe, gee jou beste in alles wat jy aanpak en sluit die som van 12 jaar se harde werk op ‘n hoogtepunt af – sonder enige spyt.”

Met ‘n 93,17%-gemiddelde vir sy eindeksamen weet Marius gewis waarvan hy praat. Jana het ‘n gemiddelde van 90,33% behaal dansky haar ses A’s, en Kaylee het vyf A-simbole opgelewer om haar ‘n 89,33% gemiddelde te gee.

Hoërskool Stellenbosch se top matrikulante 2025.  Van links Jana Kotzé (tweede plek), Marinus Toerien (eerste) en Kaylee Botha (derde).
Die Hoërskool Stellenbosch se top matrikulante van 2025, van links, Jana Kotzé (tweede plek), Marinus Toerien (eerste) en Kaylee Botha (derde).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article