Foto | Protospan-opleiding vir AfriForum se plaaslike buurtwaglede

Afriforum Buurtwag
Lede van AfriForum se buurtwagte in die Wes-Kaap het die protospan-opleiding voltooi.

Foto | Protospan-opleiding vir AfriForum se plaaslike buurtwaglede


Buurtwaglede van Stellenbosch
Buurtwaglede van Stellenbosch was onder ‘n groep van 17 AfriForum-buurtwaglede van die Wes-Kaap wat van Woensdag 15 tot Saterdag 18 Julie die 27ste protospan-kursus buite Paarl voltooi het. Die kursus word deur AfriForum se afdeling vir gemeenskapsveiligheid aangebied met die doel om buurtwaglede se vaardighede, dissipline en gereedheid te versterk. Die deelnemers was van Worcester, Paarl, Hopefield, Stellenbosch, Oudtshoorn en die Overstrand. Die protospan-kursus is uitsluitlik beskikbaar vir AfriForum-buurtwaglede wat gelisensieerde vuurwapens besit en aan die toepaslike wetlike vereistes voldoen. Die kursus fokus hoofsaaklik op taktiese vuurwapenhantering in spanverwantskap, arrestasietegnieke en veilige optrede tydens hoërisiko-voorvalle. Die opleiding behels ook selfverdedigingstegnieke en teoretiese sessies. Protospanne is gespesialiseerde veiligheidsreaksie-eenhede van AfriForum wat bestaan uit­ ­hoogsopgeleide vrywilligers wat buurt- en plaaswagte ondersteun tydens hoërisiko-optredes. Die opleiding stel hulle ook bloot aan verskeie realistiese scenario’s sodat hulle ingeligte besluite onder druk kan neem en te alle tye binne die raamwerk van die wet optree.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article