Die o.19A-krieketspan van Paul Roos Gimnasium het 'n agtpaaltjiesege oor sy eweknieë van die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) behaal. Boishaai het eerste gekolf en is almal vir 158 lopies uitgeboul. James Holm (5/27 in 10 beurte) en Jason Raal (3/6 in 3 beurte) was die beste PRG-boulers. Op sy beurt het PRG korte mette met die teiken gemaak en 161/2 aangeteken, met Luca Plekker (74*) en Enré van Zyl (60) wat met die kolf geskitter het.
Die o.19A-krieketspan van Paul Roos Gimnasium het ‘n agtpaaltjiesege oor sy eweknieë van die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) behaal. Boishaai het eerste gekolf en is almal vir 158 lopies uitgeboul. James Holm (5/27 in 10 beurte) en Jason Raal (3/6 in 3 beurte) was die beste PRG-boulers. Op sy beurt het PRG korte mette met die teiken gemaak en 161/2 aangeteken, met Luca Plekker (74*) en Enré van Zyl (60) wat met die kolf geskitter het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article