hockey hokkie stock image
Die hokkieprogram van Paul Roos Gimansium is die beste in die land. Foto: Lea Panaino/Unsplash

Foto || Paul Roos Gimnasium speel die beste hokkie in die land!

hockey hokkie stock image
Die hokkieprogram van Paul Roos Gimansium is die beste in die land. Foto: Lea Panaino/Unsplash

Paul Roos Gimnasium hokkie
Die hokkiespanne van Paul Roos Gimnasium het ‘n uitstekende en geskiedkundige seisoen agter die rug, met dié skool wat spog met die titel van die algehele nommer een seunshokkieprogram in die land. Dit was veral die bydrae van die o.19A-span (foto) wat die skool se status op die punteleer versterk het, met die span wat vir die eerste keer in die skool se geskiedenis amptelik die kroon as die topspan in Suid-Afrika dra. Die o.16A-span het ook ‘n bydrae gemaak, met ‘n algehele tweede plek in dié ouderdomsgroep, terwyl die o.14A-span ook die eerste plek op die punteleer behaal het. “Dis ‘n merkwaardige prestasie wat getuig van harde werk, toewyding en die karakter van die spanne. Veels geluk aan ons spelers en afrigters,” lui ‘n inskrywing op die skool se Facebookblad.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article