Jeremy Fasser, burgemeester van Stellenbosch.
Jeremy Fasser, burgemeester van Stellenbosch.

Stellenbosch se eerste burger, Jeremy Fasser, het hom weer as burgemeesters-kandidaat vir die komende munisipale verkiesing beskibaar gestel.

Hoewel die datum vir die 2026-plaaslike verkiesing nog nie amptelik aangekondig is nie, het die Demokratiese Alliansie (DA) sy burgemeesterskandidate vir die Wes-Kaap op Dinsdag 21 April bekendgemaak.

Fasser, ‘n Cloetesville-seun, het in November 2024 die leisels by Gesie van Deventer oorgeneem, ná haar skielike bedanking uit die amp twee jaar gelede. Fasser het ten tye van Van Deventer se uitrede as haar onderburgemeester gedien.

LEES OOK: Cloetesville-seun nuwe burgemeester van Stellenbosch

Jeremy Fasser
Jeremy Fasser, eerste burger van Stellenbosch, is die DA se burgemeesters-kandidaat vir die 2026-plaaslike verkiesing. Foto: Stellenbosch-munisipaliteit

Vele van die DA se burgemeesters-kandidate is tans reeds in die pos en hoop om beheer van hul verskeie munisipaliteite te behou.

Onder diegene wat weer staan, is Stephen Korabie van Stellenbosch se buur-munisipaliteit, wat sal poog om aan die stuur van die Drakenstein-munisipaliteit te bly.

Harold Cleophas, burgemeester van die Swartland-munisipaliteit, sal ook vir sy huidige pos meeding.

Die blou-party se ander burgemeesters-kandidate vir die provinsie sluit in: Jessica Kamkam (Bitou; Mario Wessels (Bergrivier); Raymond Ross (Cape Agulhas);, Marais Kruger (Tuinroete-distrik); Browen Johnson (George); Richard van Huyssteen (Matzikama); Clinton Lerm (Overstrand); en Trevor Abrahams (Witzenberg).

Tertius Simmers, Wes-Kaapse DA-leier, het luidens ‘n verklaring gesê die DA se kandidate is deur die strengste keurings- proses gesit om die DA-koukus in sy onderskeie munisipaliteite te lei.

Die munisipale verkiesing sal tussen November vanjaar en Januarie 2027 plaasvind. Intussen, hou die Onafhanklike Verkiesingskommissie op Saterdag 20 en Sondag 21 Junie ‘n registrasie-naweek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article