In ‘n viering van gemeenskapsbetrokkenheid het Die Dameskring en die e’Bosch-erfenisprojek op Saterdag 24 Oktober ‘n suksesvolle, feestelike middagete aangebied.
Op uitnodiging van e’Bosch het Die Dameskring die geleentheid aangebied om albei die organisasies se betrokkenheid in gemeenskappe te vier en te bevestig.
Veertig vroue is begroet deur Juanita Jacobs, e’Bosch-projekbestuurder, en het aangesit by keurig gedekte tafels onder die groot bome van die Voorgelegen-museum in Dorpstraat.
LEES OOK: Annual heritage awards: e’Bosch honours those playing a melodic tune

Fokus op waarde
Elize Barnardt, president van Die Dameskring, het die gaste meer van dié organisasie vertel. Die Dameskring bestaan reeds 59 jaar met 60 takke die land heen. Die organisasie doen gemeenskapswerk wat sy leuse van “Inspireer, Bemagtig en Bou” elke dag in sy onderskeie gemeenskappe uitleef.
Die Waardeprojek is een van Die Dameskring se nasionale projekte en fokus op vroeëkinderontwikkeling.
Dié projek is ontwikkel om nege waardes by kleuters van drie tot vyf jaar te vestig. Die waardes sluit in respek, gehoorsaamheid, geloof, eerlikheid en omgee.
‘n Handleiding is ontwikkel en vorm deel van ‘n volledige lesplanpakket, wat opvoeders en versorgers in staat stel om die waardes op ‘n gestruktureerde manier aan die kleuters oor te dra. Daar is storieplakkate by elke les, sowel as stories, liedjies, rympies en aktiwiteite.
Die Dameskring verskaf gratis opleiding aan opvoeders, versorgers en fasiliteerders om die handleiding te gebruik.
- Vir meer inligting oor Die Dameskring en die Waardeprojek, besoek www.dameskring.co.za, of kontak vir Ansie von Molendorff by wes-kaap1@dameskring.co.za.
LEES OOK: Share your heritage and stories through artistic expression at annual festival





You must be logged in to post a comment.