Timbuild Stellenbosch maak gereed vir die bekendstelling vir die nuwe INGCO-afdeling,
Timbuild Stellenbosch maak gereed vir die bekendstelling vir die nuwe INGCO-afdeling,

Advertensie-artikel | TimBuild Stellenbosch verhoog standaard


TimBuild Stellenbosch is ‘n bekende naam in dié Wes-Kaapse universiteitstad en slaan nou ‘n opwindende nuwe hoofstuk oop met die bekendstelling van hul splinternuwe ­INGCO shop-in-shop op Saterdag 1 Augustus.

Hierdie toevoeging versterk TimBuild Stellenbosch se posisie as ‘n ware een-stopbestemming vir professionele kontrakteurs sowel as selfdoen-entoesiaste, wat op soek is na hoëgehalteprodukte, uitstekende diens en kundige raad – alles onder een dak.

Die winkel se gespesialiseerde afdelings bied ‘n volledige sny-en-rant-afwerking­diens vir borde, ‘n toegewyde Plascon Paint Expert-verftoonbank en ‘n eksklusiewe reeks SMART DIY-kaste vir kombuise, slaapkamers en badkamers.

INCGO Timbuild Stellenbosch
Die splinternuwe INGCO-afdeling by TimBuild Stellenbosch.

Spesiale aanbiedings

Klante kan staatmaak op vinnige, vriendelike en betroubare diens.

Die hoogtepunt van vandeesmaand is die toevoeging van die splinternuwe INGCO shop-in-shop.

Klante het dus van nou af toegang tot ‘n toegewyde afdeling wat met ‘n uitgebreide reeks INGCO-kraggereedskap en hand­gereedskap pronk, wat geskik is vir feitlik enige projek – van klein huishoudelike take tot groot professionele bouwerk.

Om die bekendstelling te vier, sal ‘n ongelooflike, eenmalige spesiale aanbieding slegs Saterdag geldig wees – die eerste 40 klante wat R2 500 of meer bestee, sal elk ‘n gratis boorstel ontvang.

'n Timbuild-werknemer pak die nuwe rakke reg.
‘n Timbuild-werknemer pak die nuwe rakke reg.

Uitstekende diens

Lede van die TimBuild Expect More Rewards-lojaliteitsprogram en wat op die dag enige INGCO-produk aanskaf, word outomaties ingeskryf vir die kans om fantastiese pryse te wen.

Klante wat nog nie lid van die lojaliteits­program is nie, kan maklik aansluit deur bloot hul selfoonnommer by die betaalpunt te verskaf.

Volgens TimBuild Stellenbosch se mede-eienaar Craig Samuel weerspieël die uitbreiding sy span se voortdurende verbintenis tot uitstekende klantediens.

“Ons fokus daarop om uitsonderlike diens te lewer en die TimBuild-belofte elke dag uit te leef,” sê Samuel. “Wanneer klante ons winkel besoek, moet hulle altyd méér ervaar – meer waarde, meer diens, meer gehalte en meer keuse. Dis wat Expect More bete­ken.”­

Met die toevoeging van die nuwe INGCO-­afdeling en die winkel se bestaande spesialisaanbiedinge bewys TimBuild Stellenbosch dat ons werklik hul slagspreuk uitleef: Expect More!

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article