Die digter en skrywer Diana Ferrus en rymkletser Jitsvinger was vol grappe by die 2023-Adam Small-fees. Ferrus is verlede week oorlede.
Die digter en skrywer Diana Ferrus en rymkletser Jitsvinger was vol grappe by die 2023-Adam Small-fees. Ferrus is verlede week oorlede.

Pniël skud weer sy vere reg vir een van die hoogtepunte op die jaar se feeskalender – die Adam Small-fees.

Die Dwarsriviervallei is van Vrydag 20 tot Sondag 22 Februarie weer gasheer vir die geleentheid.

Die Pniël Erfenis- en Kultuurtrust nooi alle belangstellendes na die fees van herinnering, taal en kultuur, in die jaar waarin Adam Small 90 jaar oud sou word (21 Desember).

Vrydag begin die fees om 08:30 by die Pniël-museum se teetuin met “Fees van skrywers en digters”. Saterdag kan besoekers uitsien na Internasionale Moedertaaldag met ‘n oggendprogram wat deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) aangebied sal word.

Later die dag is daar ‘n opvoering en gedenklesing vir prof. Steward van Wyk, asook ‘n VVA Ommietafel-gesprek. Daar sal ook musiek wees danksy Tribal Echo.

Sondag sal die jaarlikse feesdiens, ‘n hulde aan Adam Small, om 09:00 in die Pniël Congregational kerk aangebied word.

‘n Volledige program sal binnekort bekendgemaak word.

• Hou www.adamsmallfees.co.za dop vir meer inligting of kontak die Pniël-museum per e-pos by pnielmuseum@gmail.com vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article