Stellenbosch se kanker-vegters het ‘n viering van lewe, hoop en gemeenskap met ‘n kleurvolle “survivor celebration” by die Idasvallei-sportterrein gehou.
Die Stellenbosch Cancer Warriors het Saterdag 1 November met groot geesdrif ‘n kleur-piekniek gehou. Al is reën voorspel, het die son net betyds deurgebreek en die bekommernis oor die weer het verdwyn.
Elke span kon sy gazebo opslaan en die agtermiddag is saam met familie en kinders in vrolikheid deurgebring. Die wind het soms sy eie planne gehad, maar niks kon die gees van die dag demp nie – en almal het die dag saam met hul geliefdes geniet.

Die sportveld was omgeskep in ‘n kleurvolle fees van gazebo’s, tafellappe, ballonne en vrolike versierings – ‘n ware prentjie van saamhorigheid. Verskillende kankerbewusmakings- kleure – pienk, geel, pers, blou en groen – was oral te sien en elke kleur het ‘n storie van moed, hoop en herinnering vertel.
Die hoogtepunt van die dag was die eerbetoon aan die “survivors” – die ware sterre van die geleent- heid.
INSPIRASIE GEDEEL
Desmond en Juanita Williams het hul persoonlike kankerstories gedeel en sodoende ander met hul moed en deursettingsvermoë geïnspireer.
Daarbenewens het die Stellenbosch-raadslid Stephanie Heneke ‘n hartlike woord van bemoediging gerig, wat almal aangemoedig het om hoopvol te bly, ongeag die uitdagings wat op hul pad kan wees.
Elke oorlewende het in sy of haar wit Survivor-T-hemp die veld binnegestap en is met applous en trane van trots ontvang. Dit was ‘n bewys van die krag van gemeenskap, geloof en vasberadenheid.
Musiek, speletjies en vrolikheid het die lug gevul en ‘n gevoel van vrede en dankbaarheid het oor die hele terrein gehang.
LEES OOK: Ontmoet Stellenbosch se kanker-krygers
Die Stellenbosch Cancer Warriors bedank elke vrywilliger, spanlid en ondersteuner wat die kleurvolle dag moontlik gemaak het. “Julle toewyding en liefde laat hierdie visie jaarliks groei en herinner ons dat ons saam, in kleur en in geloof, sterker staan.”
Die groep se boodskap was duidelik: “Ons vier die lewe elke dag in elke kleur! Mag die sonne-
tjie wat deurgebreek het, steeds in ons harte skyn en ons herinner aan die krag van hoop – selfs wanneer die wolke dreig.”
n Besoek die Stellenbosch Cancer Warriors se Facebookblad vir nog inligting of om betrokke te raak.
Die Stellenbosch Cancer Warriors het onlangs (Saterdag 1 November) met groot geesdrif ‘n kleurvolle piekniek in Idasvallei gehou. Dit was ‘n dag van viering en hoop.






You must be logged in to post a comment.