Hoërskool Linden, Randburg, vier met trots Kaylee van der Merwe se prestasie. Sy is ingesluit in die DSAC Gauteng O.14 Hokkie 5’s span. Kaylee is gekies om Gauteng te verteenwoordig tydens die DSAC Nasionale O.14 Hokkie 5s-toernooi. Slegs die beste jong spelers van regoor Suid-Afrika gaan mekaar die stryd aansê.
Hierdie is ’n uitstaande prestasie en ’n welverdiende erkenning vir haar harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Om uit spelers van Noord-, Suid- en Oos-Gauteng gekies te word, is ’n besondere eer waarop sy met reg trots kan wees.
Die Linden-hokkiefamilie is ongelooflik trots op jou, Kaylee! Mag jy die Gauteng- en Linden-kleure met trots dra, elke oomblik geniet en soveel moontlik uit hierdie unieke ervaring leer.
Baie geluk, Kaylee! Streef altyd na uitnemendheid — jy inspireer almal by Hoërskool Linden!






