Drie Bok-spanmaats se kleindogters bring trots en tradisie na Oranje
Drie Bok-spanmaats met hul kleinkinders

Drie Bok-spanmaats se kleindogters bring trots en tradisie na Oranje


Drie Bok-spanmaats se kleindogters bring trots en tradisie na Oranje. Hoër Meisieskool Oranje het vanjaar ’n besonderse sportbloedlyn in hul gange. Drie gewese Springbok-spanmaats wat unieke rekords in Suid-Afrikaanse rugby gedra het, se kleindogters is almal saam in Oranje. Nou bring die kleindogters ook hul eie trots en tradisie na Oranje.

In 1981 het Edrich Krantz, Gysie Pienaar en Thys Burger saam vir die Bokke uitgedraf. Toevallig is hulle almal ewe oud. Hulle rugbyverhale is verweef met Curriebeker-glorie en merkwaardige familieprestasies wat tot vandag toe nog uitstaan.

  • Edrich Krantz het die seldsame rekord om in Curriebeker-eindstryde vir twee verskillende provinsies ’n drie te druk. Vir die Vrystaat in 1976 en vir Noord-Transvaal in 1980.
  • Thys Burger en sy seun Philip, pa van Lilly en Rumé, hou die unieke pa-en-seun-reeks van agt Curriebeker-eindstryde sonder ’n enkele nederlaag. Thys was boonop die eerste Bok-reserwe wat ooit ’n toetsdrie gedruk het.
  • Gysie Pienaar en sy seun Ruan, pa van Lemay kan spog met ’n wêreldrekord van hul eie. Albei het die Wêreldbeker gewen, en albei het as spelers ’n reeksoorwinning oor die Britse Leeus behaal. Gysie was afrigter én speler, asook Ruan as speler.

Die feit dat hul kleindogters nou deel van Oranje is, bring ’n nuwe dimensie van trots en tradisie. Die skool se rugby-erfenis word só verryk met ’n storie wat generasies oorbrug, van veldhelde tot jong leerders wat hul eie pad begin stap.

Lees meer Skolenuus: https://novanews.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article