KwikSpar Somerset-Wes by Lion’s Square het ‘n volledige vernuwing ondergaan en maak nou sy deure oop met ‘n vars nuwe voorkoms, verbeterde uitleg en opwindende nuwe aanbiedinge van wyn en koffie.
Die geriefsupermark doen al vir 26 jaar sake en het ‘n bekende deel van die Somerset-Wes-gemeenskap geword. Die winkel is van die begin af geposisioneer as ‘n bestemming vir fyn kos en wyn, met nisprodukte wat nie elders beskikbaar is nie.
Met die sterk Duitse en Nederlandse gemeenskap in die gebied, het die winkel nog altyd ‘n goeie reeks produkte vir die “swaeltjies” aangebied. Daardie identiteit is vandag nog deel van die winkel, met ‘n sterker fokus op plaaslike produkte en verskaffers.
Wat kopers al jare laat terugkom, is die sterk fokus op kliรซntediens โ ‘n persoonlike ervaring waar jy die bekende gesigte ken en altyd welkom voel. Wanneer mense oor KwikSpar praat, hoor jy gereeld: “Dit is waar ek altyd hierdie produk kan kry.”
DistriksPos & Helderberg Gazette het met Magda Stapelberg en Christa Strydom oor die visie vir die nuwe winkel gesels.
Winkel vernuwe
Kopers kan ‘n algehele vernuwing verwag, met ‘n vars, moderne en oop voorkoms. “Die doel was om meer ruimte en ‘n beter vloei in die winkel te skep,” sรช Magda.
Een van die grootste veranderings is die nuwe betaalpuntgebied, met meer betaalpunte om kopers vinniger en doeltreffender te bedien. Die enkele ingang en uitgang wat voorheen tot opeenhoping gelei het, is ook aangepas, met ‘n aparte ingang en uitgang wat vir ‘n beter vloei van klante sorg.
Regdeur die winkel is nuwe vertoonyskaste en rakke geรฏnstalleer, en die slaghuis het ‘n groter werksgebied gekry, terwyl die bakkery ‘n vars nuwe voorkoms het en steeds een van die winkel se gunstelingdele bly. “Ons het altyd geweet dat ‘n groter opknapping nodig sou wees om die winkel se potensiaal ten volle te benut,” sรช Magda. “Om ‘n winkel wat elke dag handel dryf so ingrypend te verander terwyl jy steeds kopers bedien, verg geduld โ maar ons kon nie gelukkiger wees met die eindresultaat nie.”






Tradisies behou
Al het die winkel ‘n nuwe voorkoms, bly baie van die dinge wat KwikSpar Somerset-Wes uniek maak steeds deel van die winkel.
Die Duitse en Nederlandse produkte waarvoor die winkel bekend is, is steeds deel van die uitgebreide aanbod.
Kopers kan die vars ervaring van ‘n splinternuwe winkel geniet, terwyl hulle steeds hul bekende Somerset-gunstelinge kan kry โ van die geliefde Somerset-melkterte en varsgebakte brood tot ‘n wye verskeidenheid warm en koue opskepkos. By die kouevleis-deli kan kopers steeds kies en keur uit ‘n groot reeks kouevleis, wat presies volgens hul voorkeurdikte gesny word.
Smaak en kuier
” ‘n Spar-winkel se sterk punt is die vermoรซ om by die gemeenskap aan te pas,” sรช Magda. “Ons beskou onsself as die vriendelike buurtwinkel waar jy jou daaglikse benodigdhede kan kry, maar ook iets ekstra kan ontdek.Kopers is veral beรฏndruk met die ekstra ruimte,” sรช sy.
“Ons visie is om Somerset-Wes se voorste wynbestemming te wees โ ‘n plek waar wynliefhebbers nie net goeie wyne kan koop nie, maar ook kan kom kuier en wynmakers ontmoet,” sรช Christa.
Abrie Beeslaar se wyn is bekroon in die Pinotage Top-10 vir 2026, en die Sauvignon Blanc Top-10 bekendstelling op Woensdag 14 Oktober is iets waarvoor wynkopers kan uitkyk.
Wyne van Stellenbosch, Banhoek, Bottelary, Devon Valley, Swartland en die Weskus is reeds ingesluit.
Dieselfde kultuur van kuier lรช ook agter die koffie-aanbieding. “Ons wou deel wees van die groeiende koffiekultuur, maar dit was belangrik om met ‘n plaaslike onderneming saam te werk,” sรช Christa.
Daarom het hulle met Blaauwklippen ‘n nuwe koffie-aanbieding geskep.
Vooruitskouing
Die visie vir die volgende vyf jaar is om steeds Somerset-Wes se gunsteling buurtwinkel te wees โ ‘n plek waar jy kan instap vir alles wat jy vir die week nodig het, maar net so maklik met iets besonders kan uitstap.
Die hoop is dat kopers oor vyf jaar steeds dieselfde woorde gebruik wanneer hulle aan KwikSpar Somerset-Wes dink: ‘n vriendelike buurtwinkel, uitstekende diens, goeie kos en wyn โ en altyd iets ekstra om te ontdek.






You must be logged in to post a comment.