Strand se stories kry nuwe lewe in besonderse bundel.
Die voorblad van Die Strand – Stories en Staaltjies, wat hierdie Saterdag (29 Augustus) by Sunset Books bekend gestel word.

Strand se stories kry nuwe lewe in besonderse bundel

Strand se stories kry nuwe lewe in besonderse bundel.
Die voorblad van Die Strand – Stories en Staaltjies, wat hierdie Saterdag (29 Augustus) by Sunset Books bekend gestel word.

Strand het baie stories om te ­vertel – en nou is 41 van daardie stories saamgebring in een besondere boek, Die Strand – Stories en Staaltjies.

Die bundel het onlangs verskyn en is ‘n unieke versameling stories, gedigte, staaltjies en herinneringe – alles geskryf deur gewone mense met ‘n besondere liefde vir Strand.

Die boek, saamgestel deur Anita Stander, Udine Joubert en Tanya O’Connor, neem lesers terug na Strand van lank gelede, herinner jou aan sorgvrye jeugjare en vakansies, vertel hoe verskillende mense die dorp en sy mense beleef – en bring selfs ‘n meermin se verhaal na die bladsye. Van nostalgie en humor tot persoonlike herinneringe en verbeelding, hierdie boek het iets vir elke Strand-liefhebber.

Die projek, aangebied deur Kwarts Uitgewers en Sunset Books in samewer­king met O’Connor, het ten doel om plaaslike skrywers die geleentheid te bied om hul stories in gepubliseerde formaat te beleef – en om seker te maak dat die kuns en genot van stories vertel nie verlore gaan nie.

Die Strand – Stories en Staaltjies word hierdie Saterdag (29 Augustus) om 14:00 by Sunset Books in Kusweg bekend ge­stel.

Almal is welkom; RSVP by 068 385 2563 om jou plek te verseker.

  • Die boek is by Sunset Books teen R250 per eksemplaar beskikbaar.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article