Rusthof se o.16-skrumskakel Wesley Swartz breek deur 'n gaping in Gordon se verdediging.
Wesley Swartz van Rusthof se o.16-span bars deur Gordon se verdediging. Credit: Barend Williams

Wesley Swartz van Rusthof bars deur Gordon se verdediging tydens die o.16-rugbyderby op Helderzicht.
Rusthof Sekondêre Skool en die Hoërskool Gordon het die afgelope Vrydag (8 Augustus) in ‘n vriendskaplike rugbyderby gespeel. Die derby is op die Helderzicht-sportterrein beslis, waar verskeie ouderdomsgroepe van albei skole deelgeneem het. Die Hoërskool Gordon het die o.14-wedstryd 27-0 gewen, terwyl Rusthof in die o.16-weergawe sy teenstanders met 7-5 geklop het. Die dag het met gelyke eer geëindig toe die o.19A-wedstryd gelykop geëindig het. Op die foto bars Wesley Swartz, Rusthof Sekondêre Skool se o.16-skrumskakel, deur ‘n gaping in die verdediging van die Hoërskool Gordon. Foto: Barend Williams Credit: Barend Williams

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article