SLP betoging teen vrouemoorde
Personeel en kleuters van Sir Lowry’s Pass het in swart voor die laerskool bymekaargekom om te pleit dat ‘n einde aan die moord op vroue gemaak word. Foto: Jamey Gordon

Sir Lowry’s Pass staan in swart saam teen moord op vroue

SLP betoging teen vrouemoorde
Personeel en kleuters van Sir Lowry’s Pass het in swart voor die laerskool bymekaargekom om te pleit dat ‘n einde aan die moord op vroue gemaak word. Foto: Jamey Gordon

Personeel en die kleintjies van plaaslike kleuterskole en sentrums vir vroeë kinderontwikwikkeling in Sir Lowry’s Pass het in swart geklee en in stilte by die sirkel oorkant die laerskool bymekaargekom om te betoog dat ‘n einde aan die moord op vroue gemaak word.

Die oproep was eenvoudig – dra swart, daag op, staan saam. Volgens ‘n omsendbrief wat in die gemeenskap sirkuleer: “Dit is tyd om uit te praat vir ons vroue wat daagliks sterf en niks gebeur aan dié wat dit veroorsaak nie. Hul lewens maak saak. Hul stories maak saak. Hulle is nie net statistiek nie.”

Die betoging kom te midde van nasio­nale woede oor die aanhoudende moorde op vroue in die land, wat vrese vir die veiligheid van vroue en kinders laat toeneem. Landswye oproepe vir aksie en solidariteit het gevolg, met gemeenskappe wat oral in swart bymekaarkom om te pleit dat die moordenaars aangekeer word.

SLP betoging teen vrouemoorde
Onder die skoolhoofde wat by die protes teenwoordig was, is Fikiswa Ntshona Tom, Lee-el Stols, Janetta Brinkhuis, Emily Stewart en Abrameshia Daniels.
SLP betoging teen vrouemoorde
Abrameshia Daniels en Emily Stewart het die protesaksie gereël om ‘n oproep tot vrede in die gemeenskap te weerklink.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article