Die Gordonsbaaise inwoner Mauritz Rossouw, wat daarvan beskuldig word dat hy glo ‘n hond doodgemartel het, het op Dinsdag 4 Augustus weer in die Strand-landdroshof verskyn.
Die saak is tot Dinsdag 17 November uitgestel.
Die hofverskyning volg nadat Rossouw op 3 April 2024 in verband met die beweerde voorval, wat by ‘n huis in die Van Ryneveld-woonbuurt afgespeel het en deur ‘n ooggetuie op video vasgevang is, in die plaaslike hof verskyn het (“Hond doodgemartel,” DistriksPos & Helderberg Gazette, 10 April 2024).
Die beeldmateriaal wys hoe die troeteldier genaamd Olof glo met ‘n tou gewurg en met ‘n kombers gesmoor word. Olof is na die dierewelsynsvereniging geneem, waar dié rifrug-boerboel-kruising amptelik dood verklaar is.
Rossouw het op 10 April 2024 die eerste keer op aanklagte van wreedheid teenoor diere verskyn.
Die saak is sedertdien vir pleit en verhoor uitgestel.



