Die Lwandle-polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat owerhede en nooddienste ontbied is na ‘n toneel waar ‘n jong slagoffer van ‘n steekvoorval Maandagoggend (4 Mei) naby ‘n sakeperseel langs Broadlandsweg aangetref is.
Die oorledene is as Raymian-John Jacobs van Greenfields, Lwandle, geรฏdentifiseer. Sy lewe is net dae voor sy verjaarsdag kortgeknip.

Luidens ‘n polisieverslag is polisiebeamptes en nooddienspersoneel omstreeks 08:30 ontbied en het hulle met hul aankoms die 21-jarige met ‘n steekwond aan die regterkant van sy bors gevind. “Die slagoffer is op die toneel dood verklaar,” lui die verslag. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.
Die oorledene se ma, Anthea van Wyngaardt, vertel sy het Maandag omstreeks 07:00 ‘n oproep ontvang waarin sy meegedeel is dat haar seun moontlik die slagoffer van ‘n tref-en-trap was en dat hy naby Strandfoam lรช.
Sy, haar dogter (28) en seun (19) het hulle onmiddellik na die toneel gehaas. “Nooddienspersoneel was nog besig met hom. Hy het heeltyd gewissel tussen bewusteloos en by voordat hy beswyk het,” vertel Van Wyngaardt.
“Om jou seun aan die dood af te staan is terrible; dis wreed. Sy kos staan nog in die yskas. Ek het nog vir hom via WhatsApp boodskappe gestuur min wetend wat gebeur het.”
Volgens die bedroefde ouer het sy haar seun nog Saterdagaand (2 Mei) laas gesien nadat hy vinnig by die huis kom draai het nadat hy op die sportveld was.
“Hy het die huis verlaat en ons het ge-dink hy is seker maar in die omtrek saam met vriende,” vertel Van Wyngaardt.
Sy deel voorts dat Jacobs ‘n rustige en lieflike kind was. Hoewel hy lief was vir kuier was hy nooit onbeskof of kwaadwillig nie.
“Hy sou Donderdag (7 Mei) sy 22ste verjaardag gevier het.”
Volgens sy ma was Jacobs ‘n passievolle en kranige rugbyspeler wat op hoรซrskool en later in klub- en raakrugby uitgeblink het.
Vir ewig onthou
Die Strand Liga-rugbyklub het innige meegevoel betuig: “Dit is met skok en hartseer dat ons vanoggend verneem het van die tragiese dood van een van ons oud-spelers, Raymian-John Jacobs, ook bekend as Pottie. Ons sal altyd sy terggees en lag onthou, en dan sal ons harte weer glimlag โ want vir ‘n kort rukkie het God jou vir ons geleen, en in daardie kort tydjie van jou lewe het jy diep spore in ons harte getrap. Sag rus, ou seun, en staan op in God se glorie!”
Die Watsonia Warriors het in hul medelye Jacobs as ‘n voorbeeld van “moed en kameraadskap” beskryf. “Sy onverwagse heengaan laat ‘n leemte in ons gemeenskap. Ons bied ons innige meegevoel met sy familie en geliefdes. Mag die herinnering aan Raymi se onwrikbare gees en toewyding aan sy mede-Warriors ‘n mate van troos bied in hierdie tyd van rou.”

Most Wanted-raakrugbyspan het ‘n KI-gegenereerde beeld deur 8th Avenue Touch Rugby gedeel: “In liefdevolle herinnering aan ‘n ware held โ vir ewig in ons harte.
Slegs 21 jaar oud, maar sy nalatenskap strek verder as woorde. Sy glimlag was warm, hy was goedhartig, sy aard was onselfsugtig, en sy passie was die spel. Hy was nie bloot ‘n spanmaat nie โ hy was familie. Sy teenwoordigheid het ons opgehef, sy gees het ons saamgebind en sy herinnering sal ons vir altyd inspireer. Dankie vir die kosbare herinneringe, die gelag, die lewenslesse, en die liefde.”

โข In ‘n afsonderlike voorval het ‘n 25-jarige vrou op Saterdag 2 Mei ook die slagoffer van ‘n noodlottige steekvoorval in Nomzamo geword.
Die Lwandle-polisie het omstreeks 23:30 op die voorval in Ndzuzostraat gereageer. “Daar word beweer dat die oorledene deur haar kรชrel wreed gesteek is nรก ‘n stryery by hul woonplek.
“Die 32-jarige verdagte is in hegtenis geneem en sou na verwagting op Maandag 4 Mei in die Strand-landdroshof verskyn,” het ‘n polisieverslag aangedui.
Enigiemand met addisionele inligting oor die misdade word aangemoedig om die Lwandle-polisie by 021 845 2060 of 08600 10111 te skakel.



You must be logged in to post a comment.