Ongewone samewerking het op Woensdag 8 Julie by die Ruben Gun-blad in Casablanca afgespeel toe die Strand-polisie ‘n danskompetisie vir plaaslike jongmense aangebied het.
Die inisiatief het plaaslike talent en straathoekdansers byeengebring om aan die kompetisie deel te neem.
Die geleentheid was daarop gemik om vir jongmense ‘n platform te skep waar hulle hul talent ten toon kon stel. Dit wou ook wys dat positiewe aktiwiteite ‘n alternatief bied vir groepsdruk wat tot dwelmmisbruik en tienerswangerskap lei.
Die kompetisie was nie net oor dans nie, maar ook oor die skep van ‘n plek waar jeugdiges voel hulle behoort en in hulself kan glo, ongeag die daaglikse uitdagings in die gemeenskap.
Die dag is deur die Strand-polisie se sektorkommandante, vrywilligers van die slagofferbemagtigingsprogram en geestelike misdaadvoorkomingslede ondersteun, asook die Strand-gemeenskapspolisiëringsforum.






