Owerhede het Vrydagoggend 2 September beslag gelê op altesaam 2 748 eenhede perlemoen ter waarde van R450 000 wat in ’n voertuig op die R44 naby ’n uitkykpunt gevind is. Die metropolisie in samewerking met Gordonsbaai-polisie het op inligting gereageer en op ’n swart Mercedes-Benz C-klas met twee insittendes afgekom. Die mans het met die polisie se aankoms te voet van die toneel gevlug en die voertuig verlate gelos. Die verdagtes is steeds soek en owerhede stel ondersoek in. Foto:


Perlemoen op R44 gekry

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article