Brandwacht-inwoners in Macassar het Sondag 22 Februarie ‘n nuwe buurtwag-leierskap gekies in reaksie op verskeie misdade wat die afgelope maand in die gebied plaasgevind het.
Gregory van Rheede is op ‘n gemeenskapsveiligheidsvergadering as die nuwe voorsitter aangewys om die buurtwag te lei. Bradley Steenkamp sal as ondervoorsitter optree, terwyl Ashley Isaacs die pos van tesourier inneem.
Tammy Jantjies sal die verantwoordelikheid van woordvoerder hê, en Lillian Isaacs is as sekretaris aangewys met Robin Paulse as adjunk-sekretaris. Om die span af te rond, sal Micheal Willow die buurtwag se projekkoördineerder wees.
Die sewe bestuurslede is gereed om hul gemeenskap veilig te hou deur gereelde patrollering, saam met die Macassar-polisie te werk en die aanmelding van misdade.




