AI-illustrasie van brief oor diere-beskerming vir motoriste tydens vakansies.
AI-illustrasie van gemeenskapsbrief wat motoriste vra om versigtig te ry en diere te beskerm tydens vakansies

Hallo mense van die Helderberg. Ek is iemand wat baie lief is vir diere. Noudat dit amper vakansie is, vra ek motoriste om asseblief mooi te kyk waar hulle ry.

Moenie haastig ry en ‘n dier doodry nie, want diere het nie stemme soos ons nie.

Wanneer ek in die gemeenskap rondloop, kom ek gereeld op diere se karkasse af wat doodgery of -gestamp is.

Ek sit met ‘n gestremdheid en loop met krukke. Elke keer as ek ‘n dier wat dood is vind, begrawe ek dit net daar waar ek die karkas gekry het.

As jy ‘n dier met jou kar seermaak – stop en vat die dier dadelik na die dierewelsyn toe. Dit is jou plig as ‘n verantwoordelike motoris en ‘n ordentlike mens.

As ek vind dat jy ‘n dier opsetlik doodry of seermaak, sal ek definitief ‘n saak van dieremishandeling teen jou aanmeld.

Yolanda van Rhyn,

WELTEVREDEN

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article