Macassar-polisie ondersoek twee afsonderlike misdade.
Macassar-polisie ondersoek ‘n gewapende rooftog by die vulstasie in Croyden en die inhegtenisneming van ‘n man vir onwettige vuurwapenbesit.

Macassar-polisie: rooftog by vulstasie, onwettige vuurwapenbesit 

Macassar-polisie ondersoek twee afsonderlike misdade.
Macassar-polisie ondersoek ‘n gewapende rooftog by die vulstasie in Croyden en die inhegtenisneming van ‘n man vir onwettige vuurwapenbesit.

Die Macassar-polisie ondersoek twee afsonderlike ­voorvalle wat op Maandag 27 Julie plaasgevind het – ‘n sakerooftog by die Engen-vulstasie op die R102 in Croyden en die inhegtenisneming van ‘n man vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Volgens ‘n polisieverklaring het agt onbekende mans omstreeks 23:00 in ‘n wit Kia-luikrug by die vulstasie aangekom. Al agt was met pistole gewapen.

Hulle het die winkel binnegegaan en die personeel vir selfone, geld en sigarette gevra. ‘n Klant is ook van geld beroof.

Die verdagtes het van die toneel gevlug, onder andere met ‘n onbekende hoeveelheid sigarette, geld en drie selfone.

Geen beserings is tydens die rooftog aangemeld nie.

‘n Sak wat by die toneel agtergelaat is, is deur die Plaaslike Misdaadrekordsentrum (PMRK) vir vingerafdrukke en DNS-bewysmateriaal verwerk.

Niemand is al in hegtenis geneem nie. Die saak word nog ondersoek.

Vroeër dieselfde aand, omstreeks 18:30, het ‘n lid van die taktiese reaksiespan ‘n onwettige vuurwapen herwin terwyl hy in die Macassar-gebied gepatrolleer het.

Die beamptes het met inligting oor ‘n vuurwapen by ‘n perseel in Raystraat en ‘n 9 mm-pistool met ‘n veranderde loop onder ‘n bad gekry.

Die 28-jarige verdagte is in hegtenis geneem en van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie aangekla.

Bewysstukke wat tydens die soektog herwin is, sluit die 9 mm-pistool, agt-stuks 7,65 mm-ammunisie, ‘n 9 mm-magasyn en ‘n 7,65 mm-magasyn in.

  • Enigiemand met inligting oor enige van die voorvalle word versoek om die Macassar-polisie of Crime Stop by 08600 10111 te kontak. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article