Kids of Joy-dansers voer 'n geestelike dansitem uit vir bejaardes by Sencit Resthaven-tehuis in Strand.
Kids of Joy het Saterdag (24 Mei) tyd gemaak om glimlagte op die gesig van bejaardes by Sencit Resthaven-tehuis in die Strand te toor deur hulle met ‘n optrede te bederf. Kids of Joy is ‘n dansgroep wat vroeër vanjaar deur Zulfa Mowers en Bianca Liebenberg gestig is. Die dansers is van Broadlandspark en word afgerig om hul danspassies op te voer wat ‘n bietjie lig vir siekes en bejaardes bring. Die idee vir die groep het ontstaan nadat Liebenberg haar ma in Oktober verlede jaar weens ‘n langdurige siekte verloor het. Sy en haar dogter het gospelliedere en geestelike dansitems vir haar ma uitgevoer om haar op te beur. Ná haar ma se dood het sy besluit om hierdie troos met ander te deel – en so het Kids of Joy ontstaan. Op die foto is die Kids of Joy-dansers besig met ‘n geestelike dansitem. Credit: Barend Williams

Sencit Resthaven-inwoners Jimmy Sobayi, Elizabeth Abrahams, Jacoba Mathee en Chrisjan van Rooi geniet die dansvertoning.
Die Sencit Resthaven-inwoners Jimmy Sobayi, Elizabeth Abrahams, Jacoba Mathee en Chrisjan van Rooi het die dansvermaak geniet. Credit: Barend Williams

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article