Juf Chrystal Williams (regs) en Monray Daars bespreek sy loopbaanpaaie by Dr GJ Joubert Primêre
Juffrou Chrystal Williams (regs) en Monray Daars bespreek sy loopbaanpaaie. Foto: Allasnay Diergal

Joubies kry voorsmaak van toekoms met loopbaanklubprogram

Juf Chrystal Williams (regs) en Monray Daars bespreek sy loopbaanpaaie by Dr GJ Joubert Primêre
Juffrou Chrystal Williams (regs) en Monray Daars bespreek sy loopbaanpaaie. Foto: Allasnay Diergal

Leerders van Dr. G.J. Joubert Primêre Skool het voorverlede Maandag (22 Junie) ‘n voorsmaak van hul toekoms gekry toe professionele persone uit verskeie beroepe hul stories met hulle gedeel het.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement se loopbaanklubprogram is by die Strand-laerskool bekendgestel. Die program is ontwerp om leerders toe te rus met die vaardighede en selfvertroue wat nodig is om in ‘n ontwikkelende ekonomie uit te blink, en oorbrug die gaping tussen klaskamers en werklike geleenthede.

Die skool se saal was geprop met leerders toe sprekers van die polisie, brandweer, verkeerdienste, houtwerk, ontwerp, skoonheid, maatskaplike werk, wetenskap en sport hul kennis gedeel het.

Sprekers van verskillende nywerhede by loopbaanklubbekendstelling, Dr GJ Joubert Primêre Skool
Sprekers van verskillende nywerhede tydens die bekendstelling van die loopbaanklubprogram by Dr. G.J. Joubert Primêre Skool.

Die hoogtepunt van die dag was toe ou-Joubie Deone Strauss, ‘n maatskaplike werker, haar reis met die leerders gedeel het.

Om die leerders te inspireer, het juffrou Chrystal Williams, een van die koördineerders van die loopbaanprogram by die skool, met verskeie professionele persone oor hul werk gesels.

Leerders en juf Chrystal Williams by loopbaanklubbekendstelling, Dr GJ Joubert Primêre Skool
Leerders en juffrou Chrystal Williams, een van die koördineerders, tydens die bekendstelling van die loopbaanklubprogram.

Dr. Gillion Arendse van NRF-iThemba Labs, Crystal Booysen van Axios Vaardigheidskool en nog ‘n ou-Joubie, Monray Daars, ‘n rugbyspeler vir die Universiteit van Kaapstad, het oor hul loopbaanpaaie gepraat.

Die koördineerders – Williams, Lehenco Abrahams en Shannon Robertson – het ‘n punt daarvan gemaak om die leerders te wys dat vaardighede ‘n sterk alternatief vir universiteitstudies bied, wat paaie na toekomstige indiensneming en entrepreneurskap oopmaak.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article