Die Helderberg-GPF staan saam tydens die "Super Friday"-patrollie
Die Helderberg-GPF staan saam tydens die “Super Friday”-patrollie

Solidariteit was die afgelope Vrydag (13 Februarie) in die strate van Macassar sigbaar toe die Khayelitsha-subdistrik se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ‘n Super Friday-patrollie gehou het om misdaadvoorkoming en prestasies te vier.

Drie Helderberg-GPF-gebiede – Macassar, Strand en Gordonsbaai – het met Macassar se buurtwaglede en private sekuriteitsmaatskappye vir die gesamentlike optrede kragte saamgesnoer.

Die subdistrik se kommissaris, brig. Mnoneleli Magobiyane, was ook by die inisiatief teenwoordig.

Hierdeur kon die span ‘n veel wyer gebied bereik as wat met plaaslike hulpbronne alleen moontlik sou gewees het. Met die patrollie het die span verskeie inhegtenisnemings gedoen vir dwelmbesit by onwettige strukture wat vir dwelmrook gebruik word, asook by dobbelplekke.

Brig. Magobiyane, Marlon Solomons, lt.-kol. Daniels en sers. Naidoo vier gemeenskapspatrollie.
Kragte wat saamgesnoer het met (van links) Brig. Mnoneleli Magobiyane (polisiekommissaris vir Khayelitsha-subdistrik), Marlon Solomons (Khayelitsha-subdistrik GPF-voorsitter), die nuutbevorderde lt.-kol. Quinton Daniels en sers. Jeremiah Naidoo (Gordonsbaai-polisie se koördineerder vir sosiale misdaadvoorkoming) na ‘n kragtige gemeenskapspatrollie in Macassar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article