Dr. G.J. Joubert Primêre Skool het verlede Vrydag (26 Januarie) sy heel eerste gholfdag aangebied. Die geleentheid is by die Strand-golfklub gehou. Tauhira Fanie, skoolhoof by Dr. G.J. Joubert Primêr sê: “Die gholfdag was ’n reusesukses. Ek bedank almal vir hul ondersteuning asook die skenkers. Ek moet SpecSavers as die titel-borg uitsonder.” Hier slaan Clive Terblanche van die AM Security-span af met ’n pragtige hou van die eerste bof af. Foto’s: Rick Marais


Die span van AM Security op die eerste bof net voordat hulle afgeslaan het, is van links Bruce Handley, Wimpie Espag, Heinrich Welthagen en Clive Terblanche.

Paul Gillian, Noah Layman, Clint Ortell en Reagan Sylvester het ook aan Dr. G.J. Joubert Primêr se eerste gholfdag deelgeneem.

Tauhira Fanie, skoolhoof by Dr. G.J. Joubert Primêr saam hoof organiseerder van die gholfdag, Janovan Appollis. Foto:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article