Die rugbytalente van jong spelers in die Wes-Kaap is op Saterdag 13 September ten toon gestel toe die Hoërskool Strand sy jaarlikse 7’s-rugbytoernooi aangebied het.

Die Hoërskool Strand KFC-7’s-toernooi is in samewerking met die Forward Foundation aangebied. Dit het 7’s-rugbyspelers van oral die geleentheid gebied om op die veld mee te ding.

Altesaam 32 spanne van 16 skole het in die o.15- en o.17-ouderdomsgroepe deelgeneem. Die o.15-toernooi is uiteindelik deur die Hoërskool Swartland gewen, terwyl die o.17-afdeling deur die Hoërskool Montagu gewen is.

Die spelers het die kans gekry om met die Blitsbokke Selvyn Davids en Sebastiaan Jobb, asook die oud-Blitsbok Branco du Preez skouers te skuur.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article