Lenton Wildschutt (15) van Rusthof, lid van die WP-raakrugbyspan vir die Junior Interprovinsiale Toernooi 2026.
Lenton Wildschutt (15) droom om sy stempel in die Junior Interprovinsiale Toernooi 2026 in Johannesburg af te druk, maar het hulp nodig om sy droom te bewaarheid.

Blits haal WP-raakrugbyspan: Lenton Wildschutt se droom

Lenton Wildschutt (15) van Rusthof, lid van die WP-raakrugbyspan vir die Junior Interprovinsiale Toernooi 2026.
Lenton Wildschutt (15) droom om sy stempel in die Junior Interprovinsiale Toernooi 2026 in Johannesburg af te druk, maar het hulp nodig om sy droom te bewaarheid.

Lenton Wildschutt van Strand gaan sy talente op nasionale vlak ten toon stel nadat hy ‘n plek in die Westelike Provinsie-raakrugbyspan losgespeel het.

Diรฉ tiener van Rusthof het nie met toerusting, private afrigting of groot borgskappe grootgeword nie โ€“ slegs sy natuurlike talent, ‘n droom om eendag die sport op ‘n hoรซr vlak te speel en te bewys dat jongelinge van sy gemeenskap รณรณk sukses kan smaak.

Daardie droom het twee jaar gelede begin toe die raakrugby-gogga hom gebyt het. Hy het veral die spoed van die rugbyformaat geniet en is deur die verhaal van sy rugbyheld, Damian Willemse, gemotiveer.

Die 15-jarige is lid van die Scorpions-rugbyklub en meen dis ‘n eer om deel van diรฉ span te wees. Hy het in Mei aan die provinsie raakrugbyproewe deelgeneem, waar hy die keurders sรณ beรฏndruk het dat hy sy plek in die WP-span, wat aan die Junior Interprovinsiรซle Toernooi 2026 sal deelneem, verseker het.

“Toe ek hoor ek is vir die WP-span gekies, was ek ongelooflik trots, opgewonde en dankbaar,” vertel Wildschutt.

Sy afrigter, Ashwall Gordon, meen die talentvolle speler het veral met sy spoed, systappe en vermoรซ om die bal te beheer die keurders verras en beรฏndruk.

Lenton Wildschutt van Rusthof in aksie op die raakrugbyveld โ€” sy spoed en akkuraatheid het hom WP-status besorg.
Lenton Wildschutt van Rusthof se hande doen op die veld die praatwerk. Sy spoed en akkuraatheid het hom ‘n plek in die WP-raakrugbyspan besorg.

“Een van die moeilikste dele van my reis was om deur moeilike wedstryde en uitdagende oefensessies te werk,” sรช Wildschutt. “Ek het dรญt oorkom deur hard te oefen, gefokus te bly en nooit op te gee nie.”

Die toernooi word van Saterdag 26 tot Maandag 28 September in Johannesburg gehou. Terwyl Wildschutt droom om sy stempel op die toernooi af te druk, rus die finansiรซle uitdagings swaar op sy ouers se skouers. Dus is ‘n BackaBuddy-veldtog om geld in te samel van stapel gestuur, met ‘n pleidooi dat “geen geld” nie die rede moet wees waarom ‘n toekomstige ster nooit op die veld gesien word nie.

“Ek vra die gemeenskap om my asseblief te help om hierdie geleentheid aan te gryp en Gauteng toe te gaan,” sรช Wildschutt.

๏€ผOm hom te ondersteun of meer inligting te bekom, kontak Wildschutt se ma, Caroline, by 068 491 2714.

๏€ผJy kan ook skenk via die BackaBuddy-veldtog: https://www.backabuddy.co.za/campaign/lenton-wildschutt

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article