Hoërskool Strand het Woensdag 17 Maart ’n virtuele prysuitdeling aangebied om sy beste akademiese presteerders vir 2020 te vereer. Dit is weens ontwrigtings verlede jaar weens die Covid-19-pandemie eers nou gehou.
Die geleentheid is deur 150 pryswenners bygewoon en regstreeks op YouTube vir ouers en ander belangstellendes uitgesaai. Die toppresteerders in die matriekklas van 2020 het ook die geleentheid bygewoon.
De Jagers Uitrusters het die drie top-presteerders in elke graad met ’n geskenkbewys bederf.


